MULLER EN VENNOTE REKENMEESTERS HET VERHUIS

MULLER EN VENNOTE REKENEESTERS HET VERHUIS

Dit is met groot genot en opgewondenheid dat u hiermee in kennis gestel word, dat ons in ons 40ste bestaansjaar na ‘n Besigheidspark verhuis het.
Ons het verskeie opsies oorweeg en na deeglike navorsing het ons besluit om ons bestaande kantoor te verskuif na Silver Lakes – geleë ongeveer 12km van ons bestaande kantoor.

Vanaf 15 Desember 2017, is die nuwe fisiese adres die volgende:
HAZELDEAN OFFICE PARK, NR. 1 AVOCET CORNER, 687 SILVERLAKES ROAD, TYGER VALLEY, 0084, PRETORIA, GAUTENG, SOUTH AFRICA

Vir u gemak kan hierdie adres in ‘n GPS koördinaat gestoor word. Hierby aangeheg, vind aanwysings en ‘n padkaart na ons kantoor. Moet nie op die grondpad indraai nie, maar ry verby die groot naambord en draai in by die sekuriteitshek.

Ons bevestig verder dat ons ander kontak besonderhede onveranderd bly en kan u ons kontak by:
Telefoon nommer : 012 803 7905/06
Posbus : Posbus 75211, Lynnwoodrif, 0040.

Ons glo en vertrou dat u saam met ons opgewonde sal wees met ons groot skuif en bedank ons u opreg vir u volgehoue ondersteuning die afgelope 40 jaar.

Met dankbaarheid was ons genoodsaak om uit te brei en nooi al ons kliente uit om ons te kom besoek by ons nuwe kantore.

Omrede dit ‘n Kantoorpark is, verskil die parkeer reëlings. Met u aankoms by die sentrale sekuriteitshek, sal u versoek word om ‘n toelatingsdokument te voltooi alvorens u toegelaat sal word in die parkeerarea. Dit sal waardeer word indien u by die sentrale sekuriteitshek die nodige dokumente sal voltooi tydens u besoek.

Alhoewel daar spesifiek ge-oormerkte parkering vir ons firma is, kan u op enige ongemerkte parkering parkeer.

Sou daar enige probleme wees kan ons telefonies gekontak word.

share

Comments are closed.